Home » Testimonies

Testimonies

 

IMG-20160804-WA0042Soos enige ander paartjie, het ons goeie drome begin…. Ons het getrou , besigheid begin, gelewe asof niks ooit sal verkeerd gaan nie….

in 2008 is ons getroud… en in 2011 het ons besluit ons is reg vir kinders… na n jaar en 3 maande het ons swanger geword…Desember die 10de was deur bloed toetse bevestig ons is so 4-5 weke swanger met ons eerste kind… die opgewondenheid was ‘n droom bewaarheid… als het goed gelyk.. ons het almal laat weet.. selfs voor in die kerk gestaan, ons swangerskap was geseend met gebed… niks sou ooit verkeerd gaan nie… ons hoop was sterk, ons mos gelowiges.. en beskermed onder die bloed…. … … … .

31 Desember 2012 het ek aan die bloei gegaan, my drome , my hoop le aan skerwe… Jesus help ons, beskerm ons baba, gee ons krag… dra ons deur was ons gebede… ons was hospital toe… maar die ondersoek was oppervlakkig met die instruksie om te gaan rus en stil te le.. drs was op vakansie, en kom eers die 7 de Januarie terug… … .. ons kry vir Dr Viljoen in die hande en kon die 2 de ingaan en daar was dit.. ons hartjie het mooi sterk geklop 168 slae per minute.. ons hoop weer sterk, ons gemoed weer op…

29 Januarie 2013 was ons vir ons 12 weke ondersoek…. Die oggend het ek gdroom oor watter geslag die baba moontlik kon wees….. die vorige dag het ek uit opgewondenheid die ‘baba’ kamer begin regpak… mamma en pappa was weereens trotse opgewonde mensies.. met die sonar… het ons ontdek, ons mensie se hartjie… het nie meer geklop nie… en reeds die 9e week opgehou klop… die skok was te groot… dr het dadelik gereel vir skraap, baba moes uit, die oorsaak is onduidelik, niemand het antwoorde nie… 30 Januarie ingegaan en 31 Januarie huistoe met ‘n gebroke hart, onvoltooide drome en geen kind……………..

2013 was vir ons ‘n bitter tyd, almal om ons het kinders…mooi gesond sterk babas.. ons gelaathede was af, en ons siele was stukkend… hoekom Here…. Wat is U plan….. ? steeds sal ons U dien en kies bo alles.. Romeine 8:28…. Alles werk ten geode mee… wie wou dit weet?? Maar tog sal ons glo.. die Here het ons vrede gegee.. en dit het ons met tye ervaar wanneer dit die moeilikste was… 14 Aug 2013 was tog ons kind se voorgestelde geboorte datum….. dit was seer..

In 2014 het ons weer begin vrae vra, en begin soek waar die probleem le.. en hoekom ons nog nie weer gou swanger kon word nie…. Drs het gese ek kan nie swanger word op my eie nie.. my liggaam werk onreelmatig en kan dus nie vastel wat aangaan nie…ek was toe gediagnoseer met PCOS.. ek was op behandeling gesit en vir 3 maal het dit niks gehelp nie…  ek het later opgegee en gese nou moet die Here ingryp… dis tot waarna ek in staat was..

Als het begin draai …. 30 May 2014 het ons ‘n encounter weekend gehad… Chere het vir my gebid, haar hande om my magie gele en dit bevel gegee om oop te gaan, ek het gevoel hoe dit ruk, en dadelik begin glo als gaan uitwerk.. almal wat geshare het, het gepraat asof dit net met my was.. Charlene het gepraat oor Jacob, stop wrestling and start clinging….. hoop het weer begin , Bronwyn het gepraat oor ivf implants en die sukses rate, …. Net God kan lewe spark…. Begin vertrou op Hom weer.. en nieop  mense  verstand en my eie liggaam nie…. Dis buite my beheer….. dis nie my skuld nie… die burden het begin lug…. Moeksie het almal hoor lag op daai encounter… en gese dis ‘n encounter van genesing…

Drome het begin… 26 Julie 2014 het ek ‘n droom gehad van my baba ini hemel… Die Here het my getroos, en gewys hys by Hom, en word daar groot…. Die Here het ook gese ek moet laat gaan, so pynvol soos dit was… ek het laat gaan,, en die genesing het meer gebeur..

17 June 2014 Joel Osteen said declare you will have children en ons altwee het dit gedoen, ons bure het die volgende oggend gevra nou wanneer kom julle sin? Ons het begin se, wanneer Jesus so besluit… dis al antwoord wat ons kon aan dink .

24  August  2014andre en elane prayed with us so God would bless us

8 nov 2014 het ek gdroom ons gaan vinnig swanger word. En ons moet begin baba klere koop… ini droom het ek 2 ling gesien en ons het blou en pink klere gekoop…

23 November 2014 het Moeksie, Chere, Charlene, Cindy, Anneli, Elane weer hande op my gele… en genesing oor my gespreek …. Die hele 2014 deur was profeties dat God in werklikheid besig was om te werk…..

Niks het verander aan my kondisie in 2014 nie… 2015 het begin…en die Here het begin dieper werk, John Paul Jackson het gepreek oor the fathers blessing…. En dit tref my… my pa is oorlede en van kleins af het ek gesmag na ‘n pappa se aandag en liefde.. ekt dit bewonder as ander pappas hul dogters liefhet, maar  ek het nogsteeds leeg en alleen gestaan. na hy dit gepreek het, en as vader oor die vader lose gebid het,  het besluit ek gaan net lewe.. ek gaan laat gaan.. wat ookal U wil is Here laat dit so wees…. U is die Vader van die Vaderlose.. en U liefde is vir my genoeg.

in ‘n Moeilike 2015, was ons op 20 Sept  2015  ,7 jaar getroud en ons het uit moedeloosheid broodjie gebreek  en sap gedrink en gebid en gehuil en gevra dat God ons moet genees. En so  het Oktober aangebreek.. ons Rocktober Festival  … die wind en weer was onplesierig.. pastor willie olwage het sy testimony oor sy dogtertjie  wat siek geword het en amper dood was gegee en hoe hy geworstel het met God…. Ek en dirk het heel agter gesit en huil oor ons baba wat dit nie gemaak het nie.. en omdat ons stukkend was want ons God het nog nie na 5 jaar ons geantwoord nie..

Rocktober was verby en ons lewens gaan aan… … … November maand het aangebreek….. simptome in my liggaam het begin… iets was anders… 25 November het ons uitgevind ons is weer swanger…. Prys die Here ons genesing het plaasgevind… God het ons geantwoord…. Ons gepleit, gesmeek en gevra was gehoor …

IMG-20160804-WA0045Elke sonar wat ons by gewoon het was ons kindjie sterker en mooier.. haar hartjie klop sterk en gesond .op 12 Julie 2016 het ek in kraam ingegaan… 14 ure lank en niks het gebeur nie, na ‘n haastige besluit op ‘n nood keiser is ons 4.04kg gesonde , Jenay Du Preez gebore… God bewys weereens sy goedheid en getrouheid aan ons Rom 8v28 alles werk ten goede mee..

Met die Inseening wil ons God die eer gee… Hy het nooit opgegee nie.. Hyt ons geantwoord.. Soos Hannah voor God gepleit het en dronk gelyk het voor die profeet, het ons soms gelyk of ons dit nie gaan maak nie.. Maar God het ons geantwoord en daarom het ons God belowe om jou in Sy huis en teenwoordigheid groot te maak sover ons moontlik kan.

Jenay , Jyt ‘n hart van ‘n leeu , selfs in die baarmoeder het jy ‘n vrede gedra so sag soos ‘n skoenlapper. Ons meisiekind jy is pragtig, Mag jy Jesus altyd dien en Hom as die Middelpunt van jou bestaan eer.  Pappa en Mamma is so trots op jou.

Jy t ons weer laat lewe, Jy’t ons weer laat lag. Dankie Jesus vir die voorreg om ouers van so mooi mensie te kan wees . lei ons en wys ons hoe om die mensie reg groot te maak, haar te beskerm maar haar ook toe te laat om te wees wie sy moet wees.

IMG-20160804-WA0039IMG-20160804-WA0054IMG-20160804-WA0073

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *